Orkaan Aida veroorsaak chaos

Die orkaan Aida is besig om enorme skade te veroorsaak in verskeie gebiede van die VSA, en Louisiana is grotendeels sonder elektrisiteit gelaat nadat die stormwind van meer as 240 km per uur, die deelstaat getref het.

President Joe Biden het onderneem dat die federale regering hulp sal verleen om die Golf se kusgebied by te staan.

Massiewe storms het groot gebiede onder vloedwater en het eers gister begin verswak nadat dit Saterdag sy opwagting gemaak het.

Die hele stad New Orieans, wat die grootste stad in die deelstaat Louisiana is,  was sonder krag nadat die orkaan die stad getref het, en verkeer is in algehele chaos gelaat.

Die geweldige sterk wind het nie net bome ontwortel nie, maar talle geboue regoor die deelstaat is beskadig, en honderde woonhuise het ernstige skade met dakke wat deur die wind en reën beskadig is.