Opposisieleier in Belarus kry tronkstraf

ʼn Hof in Minsk, die hoofstad van Belarus, het vervolging ingestel teen een van die sleutelfigure in opposisie geledere, nadat sy beskuldig is van pogings om die mag oor te neem in die land.

Sy word ook aangekla dat sy haar skuldig gemaak het aan ekstremistiese gedrag en ook in haar optrede .

Maria Kolesnikova wat vroeer haar paspoort opgeskeur het om te verhoed dat sy uit die land gesit word, staar nou 11 jaar agter tralies in die gesig.

Die 39-jarige vrou word beskou as ʼn sterk politieke bedreiging van die president en sal volgens politieke ontleders, deur die regeringsmagte uitgeskakel word voordat ʼn verkiesing gehou kan word.

ʼn Skuldigbevinding dokument is deur die hof uitgereik, met die hoof beskuldiging dat sy die mag wou omverwerp.

Die omstrede diktator wat steeds president is, het die afgelope maande verskeie opposisielede laat arresteer en die howe het een na die ander beskuldigde met jare agter tralies gestraf.