Opgeleide werkers vlug uit SA

Dit is nie net die privaat sektor wat sy goed opgeleide werkers verloor wat na die buiteland vlug nie, maar selfs die Suid-Afrikaanse Tesourie ondervind dieselfde probleem.

Die Tesourie het glo planne in werking gestel om die uitvloei van bekwame werkers te beperk, en dit volg klaarblyklik nadat sleutel personeel hulle bedankings ingegee het.

Die Tesourie sê hy wil voorkom dat die uitbeweeg van vaardige en goed opgeleide personeel nie die entiteit ontwrig deur na die buiteland te beweeg nie.

Tshepiso Moahloli is glo een van die hoë profiel werknemers wat haar bedanking ingegee het by die Tesourie, en is een van verskeie goed gekwalifiseerde werkers wat nou weg is by die Tesourie.

Haar diensbeëindiging kom kort nadat Roy Havemann, Catherine MacLeod, Ian Stuart en Khetha Dlamini, wat almal senior werkers was, besluit het om beter weiveld te gaan soek.

Dit is onduidelik watter planne die Tesourie gemaak het om die stroom bedankings te verminder en ander personeel in te bring om die senior lede wat bedank het, se skoene vol te staan.