Oekraine plaas druk om Joe Biden

President Volodymyr Zelensky van die Oekraine het besoek afgelê in die Amerikaanse Wit Huis waartydens hy groot druk uitgeoefen het op president Joe Biden oor Navo lidmaatskap en die verantwoordelikheid van die VSA.

Die Amerikaanse president het egter nie toegegee aan die verwagtinge van die Oekraine nie, en wat die VSA se betrokkenheid in Navo aanbetref het niks verander nie.

Die Oekraine is nie lid van die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) nie, en het gehoop die VSA sal positief reageer om nog ʼn lidland by te kry deur middel van die Amerikaanse president se invloed.

Volgens die persberigte is president Zelensky onverrigter sake terug na die Oekraine, maar waarnemers reken die VSA behoort tog positief te reageer op so ʼn benadering aangesien die Oekraine van groot waarde kan wees as lidland op die verste kant van Oos-Europa wat direk grens met Rusland.