Nuwe virus variant gevaarlik

Nog ʼn variant is gevind in Suid-Afrika van die Covid-19 koronavirus, en word selfs gevaarliker as die Delta bestempel weens sy vinnige verspreiding.

Die variant, wat C-1.2 gedoop is, word blykbaar nie deur alle soorte entstof gedek nie, en bewerings is gemaak dat die variant deur sekere entstowwe slegs die pasiënt gedeeltelik immuniseer.

Kenners meen egter dat die “gedeeltelike” immunisering nie korrek is nie en reken dat entstof die pasiënt immuniseer of glad nie immuniseer nie.

Berigte wat ontvang is lui dat die meeste provinsies in Suid-Afrika reeds gevalle aangeteken het van die C-1.2 variant, en dat die verspreiding selfs vinniger is as die Delta variant wat tot hede vir menige land erge kommer veroorsaak het.

Die nuwe variant is ook in verskeie ander lande van die wêreld besig om te versprei, en talle Afrika state het ook berig dat die variant teenwoordig is.