Nuwe bestuurslisensie benadering vir SA

Die Departement van Vervoer en die Pad Verkeer Bestuur het glo ʼn nuwe digitale leerling lisensiëring stelsel vir regoor die land, bekend gestel.

ʼn Voorlegging is op die laaste dag van Augustus vanjaar aan die parlement gemaak en gesê die Gerekenariseerde Leerling Lisensie Toets Sentrum se program het ten doel om moderne stelsels te bied teenoor die huidige verouderde sisteem.

Die nuwe stelsel sal ook die moontlikheid van korrupsie uitskakel of grootliks beperk, en die eerste aanwending van die stelsel het begin in Sentraal Transvaal, en binnekort sal Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Transvaal en Natal ook geaktiveer word.

Die stelsel sal egter eers teen 2024 volledig in werking gestel wees omdat daar sekerheid moet wees dat die stelsel oral in die land effektief werk.

Gedurende 2014 is reeds gepoog om ʼn rekenaar stelsel te bied, wat uiteindelik ʼn groot mislukking was en daar toe teruggekeer moes word na die beproefde stelsel vir leerling lisensies.