Nuusflitse

Gauteng

Die provinsie se polisie het glo die afgelope naweek meer as 900 verdagtes aangekeer vir verskillende oortredings.

Leiers

Hewige debatte word glo gevoer oor wie die grootste korrupsie skandaal om die nek het – Zuma of Ramaphosa.

Sassa

Ondersoek word gedoen na bedrog waar 177,100 openbare dienste werkers onregmatig van die Noodfonds geld ontvang het, en  wat glo gedwing gaan word om terugbetalings te doen by wyse van salaris aftrekkings.

Kandidate

Die registrasie van kandidate vir die komende verkiesing op 1 November het gesluit, en die ANC sê sy kandidate is aangewys en geregistreer op sterkte van hulle bekwaamheid, maar opposisie partye reken daar is te veel korrupsie betrokke in die party.