Noorweë kiesers bekommerd oor olie

Noorweë se verkiesing wat oor twee strek het die afgelope Sondag en Maandag geduur, en waarnemers sê baie kiesers is bekommerd oor hoe die olie-ryke bevolking sy groot bron kan opsê terwyl die wereld besig is om oor te skakel na elektriese voertuie, en wegbeweeg van enige binnebrand stelsel wat olie benodig.

Die bekommernis lê ook daarin dat Noorweë een van die wereld se lande is wat die vinnigste oorskakel na elektriese voertuie, terwyl sy mark vir olie verkope geleidelik krimp.

Die Noord See Olie industrie het ʼn enorme bydrae gelewer om die land een van die wêreld se mees welvarende moondhede te maak, maar die nuwe tendens op die wêreldmark kan nadelige gevolge inhou.

Die kiesers het na die stembus gegaan met die wete dat al die partye nuwe moontlikhede probeer opper as antwoord op die land se grootste ekonomiese bekommernis van die afgelope eeu.

Meningspeilings toon dat die opposisie Arbeidersparty in sekere dele die Konserwatiewe koalisie regerings van premier Erna Solberg oorheers, maar die liberale Arbeiders sal die samewerking van minstens twee ander partye moet bekom as hulle die regering wil saamstel.