Noord-Korea waarsku Westerse lande

Die kommunistiese regering van Noord-Korea het gewaarsku dat enige optrede van die Westerse alliansie wat sy veiligheid mag bedreig, sal meebring dat hy die nodige stappe sal neem.

Die Alliansie vennote Amerika, Australië en Engeland het besluit op gesamentlike beveiliging van die Stille Oseaan gebied en die seegebied van Westerse lande wat bedreig voel deur Sjinese invloede.

Die sogenaamde Indo-Pacific Alliansie het egter nie gereageer op die skrikmaak poging van Noord-Korea nie, alhoewel die kommuniste uit die hoofstad Pyongyang gesê het dat “die geringste negatiewe affek” op Noord-Korea se veiligheid sal nie Geduld word nie.

Die kommunistiese land sê die VSA-Australiese duikboot transaksie wat gekoppel is aan die Indo-Pacific waarby Engeland ook betrokke is, kan lei tot ʼn nuwe wapen wedloop, maar kenners sê dit is juis Noord-Korea wat met sy kernwapen missiel projek die wedloop begin het.

Noord-Korea beskik egter nie oor die fondse om so ʼn wedloop soos wat hy begin het, deur te voer teen lande van die Weste nie.