Noord Korea toets kruiser missiel

Kort nadat die verenigde Nasies gedink het Noord-Korea het sy kernwapen program beëindig, word nuwe kruiser missiel toetse uitgevoer.

Die land se staat media berig dat projektiele wat oor die vermoë beskik om 1,500 kilometer trefafstand het, getoets is.

In reaksie daarop het Japan gesê indien die jongste toetse korrek uitgevoer is soos wat berig is, hou dit ʼn baie ernstige bedreiging in vir wêreldvrede.

Die gekombineerde foto hier langsaan is vrygestel deur die staatsbeheerde media van Noord-Korea, en toon die lang afstand kruiser missiel wat gelanseer is en deur die lug klief.

Die staat media berig dat die skiereiland suksesvolle toetse uitgevoer het met ʼn lang-afstand kruiser missiel wat die naweek gelanseer is.

Dit is die eerste toets wat Pyongyang aktief uitgevoer het in die afgelope maande, maar bevestig ook dat die kommuniste nie die program sal opskort nie.

Intussen het dit ook duidelik geword dat verdere onderhandelings tussen Kim Jong-Un en die Amerikaanse regering, in ʼn doodloopstraat is.