Noord-Korea hou grootste parade ooit

Noord-Korea het sy grootste militêre parade ooit gehou sonder om enige missiele of kernwapens te vertoon, en spog dat daar nie een enkele koronavirus infeksie aangemeld is nie.

Die massiewe groot militêre parade wat deur die kommunistiese leier, Kim Jong-Un bygewoon is, het talle Westerse lande laat besef dat die skiereiland ʼn buitengewone krag openbaar op militêre gebied.

Noord-Korea wil waarskynlik ʼn boodskap aan die Westerse lande stuur aangesien dit die derde magsvertoning is wat in die afgelope 12 maande gehou is.

Die parade is gehou as geleentheid om die tot stand kom van die Demokratiese Republiek van Korea, ook bekend as Noord-Korea, wat in 1948 sy onafhanklikheid verklaar het.

Deskundiges wys daarop dat Noord Korea in die afgelope 73 jaar van onafhanklikheid groot vordering gemaak het op militêre gebied, maar dat sy ekonomiese en maatskaplike welvaart veel te wense oorlaat. Voedsel tekorte en mediese versorging is hoegenaamd nie op internasionale standaard nie..