Noord-Korea hou 2de militêre oefening

Deur middel van satelliet beelde wat ontvang is kon bepaal word dat die kommunistiese regering van Noord-Korea vir die tweede keer vanjaar sy troepe opgeroep het tot ʼn massa militêre oefening.

Die oefening word glo voorafgegaan met ʼn reuse militêre parade wat gehou word, maar dit is onbekend wat die rede vir die optrede kan wees.

Kenners wys daarop dat Noord-Korea gewoonlik sulke parades hou wanneer nuwe militêre toerusting in gebruik geneem word.

Die vorige parade is gehou om die nuwe ballistiese missiel wat ontwikkel is, aan die soldate, en die wêreld bekend te stel, en die tweede parade laat die vermoede ontstaan dat die ballistiese missiel verder opgradeer is.

Waarnemers wys daarop dat die parade in Noord-Korea tradisioneel vier tot agt weke voor die bekendstelling van nuwe toerusting gehou word.

Amerikaanse militariste is van mening dat ʼn derde parade dalk in Oktober gehou gaan word soos wat die geval in 2020 was toe die parades kort op mekaar gevolg het.