Nieu Seeland kanselleer krieket toer

Eerste Minister Jacinda Ardern van Nieu Seeland het haar eweknie in Pakistan, Imran Khan, verwittig dat die moontlikheid bestaan van ʼn gewelddadige aanval op haar land se krieketspelers wanneer hulle in Pakistan sou wees.

As gevolg van die moontlikheid, het sy besluit om nie die krieketspelers bloot te stel aan so ʼn moontlikheid nie, en derhalwe die toernooi kanselleer.

Pakistan se Eerste Minister het in reaksie gesê dit is jammer, en haar regering is onbewus daarvan dat so ʼn aanval beplan of beoog word.

Die wedstryd sou plaasgevind het na 18 jaar se afwesigheid van Nieu Seeland se krieketspelers in Pakistan. Die kansellasie kom slegs enkele ure voordat die Silwer Varing se spelers sou vertrek na Pakistan waar hulle byna twee dekades laas in ʼn krieketwedstryd teen mekaar gespeel het.

Khan het later in ʼn poging om Nieu Seeland te oorreed, gesê Pakistan het “een van die beste intelligensie stelsels in die wêreld” en het geen inligting gekry dat so ʼn aanval moontlik uitgevoer gaan word nie.