Nieu Seeland eis naamsverandering

Die Nieu Seeland se inheemse politieke party, wat hoofsaaklik uit Maori lede bestaan, eis dat die land se amptelike naam verander word.

Die eis is gestel dat die land sy naam verander na die wense van die oudste bevolking en sê die naam behoort Aotearoa te word.

Die party het ʼn petisie opgestel waarin ook geëis word dat die “herstel van die oorspronklike “Te Reo Maori” name vir al die dorpe en stede teen 2026 gedoen moet word.

Die Maori bevolking is wel ʼn minderheid, maar is ook die grootste van alle minderheidsgroepe in die land.

Die eise is egter nie nuut nie, en kom reeds vir dekades, maar is nou met groter aandrang gedoen as voorheen.

Historici sê die naam wat die party eis, is nie die land se naam gewees nie, maar slegs ʼn deel van die noordelike gebied het die naam gedra, en kan dus nie as die land se naam gebruik word nie.