Niehaus spoel uit oor ANC

Die afgedankte lid van die ANC, Carl Niehaus, het sy mond uitgespoel oor die ANC waar hy vir dekades betrokke was en as blanke misbruik was.

So sê ʼn politieke ontleder nadat Niehaus die ANC lid Mbalula as ʼn kwaadwillige en sensasie soeker bestempel het.

Die ANC woordvoerder, Pule Mabe, het ook vroeër gesê die party bou aan ʼn afsonderlike fonds en begroting vir veldtogte wat ook afsonderlik gehou gaan word van die “betaalstaat”.

Niehaus het egter nie daarop ag gegee nie en sê die personeel in die ANC is reeds maande sonder salaris terwyl die ander fonds gebou word vir veldtogte, en dit is duidelik dat die ANC geen idee het waarmee personeel nou opgeskeep sit nie.

Hy noem die ANC voorsitter, Gwede Mantashe ʼn “vet kat minister” wat nie kon wag vir sy R2,4 miljoen jaarlikse salaris terwyl hy ANC personeel vertel hulle moet bereid wees om te werk “vir die mense” en nie vir salarisse nie.

Hy sê ook dit is die bewys dat die huidige leierskap in die ANC vervang moet word so dat die ANC kan terugkeer as die “sorgsame en revolusionêre organisasie vir wie die lede bereid was om op te offer”.