NASA ‘boormasjien’ werk uitstekend

Nasa se ruimtetuig, ‘Perseverence’ het daarin geslaag om met ʼn tweede probeerslag rots stukkies van Mars op te tel en te berg nadat die eerste poging misluk het.

Die ‘boormasjien’ het nou reeds ʼn tweede gat kon boor in die onbekende oppervlakte van Mars waar dit boor om ondergrondse klip te bekom wat teruggebring sal word na Moeder Aarde.

NASA het bevestig dat die ruimtetuig met sy tweede poging daarin kon slaag om klip op te tel wat vir navorsing gebruik sa; word.

Die hoof ingenieur van die Perseverance tuig het na die suksesvolle tweede poging gesê hy was nog nooit in sy lewe so gelukking om ʼn geboorde gat in klip te sien nie.

  Die foto’s wat Nasa ontvang het toon duidelik die boorgat wat die ruimteruig in die rots op Mars gemaak het en waaruit die stukke klip gehaal is.

Perseverance het ʼn tweede gat in rots geboor wat sowat twee meter diep is, waarna die robot se arms van die materiaal skep om terug te bring na die Aarde.