Missiel toetse bring spanning

Suid-Korea toetse

Die langafstand kruiser missiele waarvan twee toetse deur Noord-Korea suksesvol gelanseer en getoets is, het die reeds gespanne verhouding tussen Noord- en Suid-Korea laat verhoog.

Kort nadat Noord-Korea se toetse uitgevoer is, het Suid-Korea aangekondig dat hy sy onder-water ballistiese missiele suksesvol getoets het.

Deskundiges sê dat die toetse wat Suid-Korea gedoen het, rek sy voorsprong in doeltreffendheid teenoor die vyandige Noord-Korea.

Beide lande is nou in ʼn wapen wedloop gewikkel, en ingeligte bronne sê die missiel afweerstelsels van Suid-Korea is hoogs doeltreffend, terwyl dieselfde nie van Noord-Korea gesê word nie.

Die VSA het berigte weerlê dat Noord-Korea ballistiese missiele getoets het, en sê die gegewens is duidelik dat dit lang afstand kruiser missiele is wat gelanseer is.

President Moon Jae-in van Suid-Korea het enkele ure nadat die Noorde sy kruiser missiele lanseer het, bevestig dat die Suide sy eerste onderwater ballistiese missiele getoets het met groot sukses.

Die onderwater ballistiese missiel van 3,000 ton is veel kragtiger en het die vooraf opgestelde teiken suksesvol getref.