Minister word hieroor vervolg

Agnes Buzyn, die voormalige Minister van Gesondheid in Frankryk, word vervolg weens haar uitlatings oor Covid-19, wat glo mense se lewens nadelig beïnvloed het.

Beskuldigings word gemaak dat sy “die lewe van ander mense in gevaar gestel het”, en die amp as minister neergelê het om as kandidaat vir die burgemeesterskap van Parys te staan.

Sy is ernstig gekritiseer oor haar opmerkings wat betrekking het op die koronavirus en die pandemie. Sy word nou deur ʼn spesiale eenheid ondersoek oor haar hantering van die pandemie.

Sy was die Minister van Gesondheid sedert 2017 tot verlede jaar toe sy bedank het met die eerste Covid gevalle in Frankryk.

Haar ondersteuners sê hulle verstaan nie waarom sy beskuldig word van die wyse waarop sy die koronavirus saak hanteer het nie, aangesien sy kort na die eerste gevalle van infeksie aangemeld is in Frankryk, haar bedanking ingehandig het as minister.