Minister maak verkiesing datum bekend

Die Minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het wel die datum aangekondig van die munisipale verkiesing, maar dit sal nie sonder uitspraak van die howe wees nie, sê politieke ontleders.

Die minister het gesê haar departement wil 1 November as die datum vir ʼn munisipale verkiesing aankondig, maar opposisiepartye sê hulle gaan steeds die hof nader oor die registrasie datum weer verskuif is om die ANC te bevoordeel.

Die aankondiging kom na verlede week se verwerping van die Verkiesingskommissie se aansoek by die Konstitusionele Hof (KonHof) om die verkiesing uit te stel tot Februarie 2022.

 Die KonHof het beveel dat die Verkiesingskommissie moet toesien dat die stemmery tussen 27 Oktober en 1 November gehou moet word.

Intussen maak opposisiepartye hulle gereed om die OVK hof toe te sleep omdat hy die datum van registrasie van kandidate weer oopgestel het nadat dit reeds gesluit is, bloot omdat die ANC 93 plekke se kandidate nie betyds ingedien het nie.