Miljoene Rand se dwelms gevind

Maandagmiddag is miljoene Rand se bestanddele om dwelmmiddels te produseer, op die internasionale lughawe by Johannesburg gevind.

Die SA Inkomstediens (SAID) se beamptes by die lughawe het die dwelmmiddel bestanddele gevind en twee mense wat daarby betrokke is, in hegtenis geneem.

Die bestanddele wat gebruik word om in ʼn “mengsel” gebruik word om dwelms te vervaardig, ter waarde van nagenoeg R40 miljoen is by die mans gevind wat verdag voorgekom het.

Beamptes het beslag gelê op 67 dele kalsiumhidroksied wat gebruik word om die dwelmmiddel, beter bekend as “Tik”, te produseer.

Die besending wat net meer as 130 kilogram weeg, en ʼn beraamde waarde van R40 miljoen het, is blitsvinnig onderskep deur die beamptes op die lughawe, terwyl die twee mans gearresteer is.

Een van die mans wat verdag voorgekom het, was besig om die dwelms wat in kartonne verpak was, in ʼn voertuig te laai  toe beamptes gesê het hulle wil die besending ondersoek, waarvoor ʼn dwelm toets apparaat gebruik is. Die besending is per vliegtuig vanaf Etiopië versend.