Mianmar weerstand beweging in opmars

Opponente van die onwettige militêre regering in Mianmar roep die bevolking op tot verset om die militariste se bewind om te keer.

Die Nasionale Eenheid Regering het daarna gesê die weerstand beweging het “oorlog verklaar” teen die onwettige militêre regering..

Duwa Lashi La, die waarnemende president van die Nasionale Eenheid Regering beweging sê die opstand teen die militêre regering is noodsaaklik as die bevolking weer as demokrate wil leef.

Die Nasionale Eenheid Regering glo dat die militêre Juta uit die kussings gelig kan word as die bevolking in verset optree, en roep die volk op tot ʼn landswye verset.

Die beweging het homself as skadu regering verklaar te midde van die kaping deur die militariste, en sê die weerstand beweging moet in elke “dorp of stad” begin om die verset op te skerp.

Duwa Lashi La sê dit is ʼn “verdedigings oorlog” wat in opstand kom teen militere terroriste, en so ʼn opstand is geregverdig.