Mense sukkel om te betaal

Die jongste bevindinge van die navorsingswerk deur TransUnion toon glo dat die plunderaars en diewe wat miljoene Rand se skade veroorsaak het as sogenaamde “burgerlikes in onrus”, tesame met die derde pandemie, het Suid-Afrika n groot terugslag besorg.

Die TransUnion aanlyn ondersoek en opnames van 1,100 volwasse Suid-Afrikaners toon aan dat 61% van die respondente het hulle huishoudelike inkomste negatief weens verskeie gebeure saam met die twee faktore ervaar.

Die daling aan inkomste is die resultaat van werkloosheid of vermindering in salaris en selfs vermindering in werksure.

Sowat 38% van die respondente sê iemand in hulle huishouding het die werk verloor terwyl 34% aangedui het ʼn salaris vermindering gehad enn 29% het gesê hulle werksure is ingekort.

Sowat 42% van mense met ʼn huishouding inkomste minder as R50,000 per jaar sê iemand in die huis het die afgelope maand sy werk verloor.

Sowat 47% van die respondente sê hulle al nie hulle verpligtinge kan nakom van lenings wat aangegaan is nie.