Marokko verkiesing vol verrassings

Die voorlopige resultate in die Marokko verkiesings toom dat twee van die mees gematigde politieke partye die grootste steun kry.

Volgens gegewens is die twee partye besig om sowat 50% van die stemme te trek, wat die Islamitiese regeerders kan klop.

Die party wat tot nou die grootste was, het weens sy enorme verlies aan steun, gesê daar is verkiesings bedrog gewees.

Kort na die finale uitslag bekend gemaak is, het die twee gematigde partye hulle oorwinning gevier en gesê die gesamentlike aantal setels wat gewen is, stel hulle in staat om ʼn nuwe regering saam te stel onder Koning Mohammed VI

Die Islamitiese Party, wat as koalisie regering geheers het vir die afgelope decade, moes sien hoe sy ondersteuning inmekaar tuimel om van sy 125 setels t eval tot 12 parlementslede.

Die land se parlement bestaan uit 395 verkose parlementslede.