Marokko kry miljardêr as premier

Marokko se pas afgelope algemene verkiesing het ʼn verrassing opgelewer toe die miljardêr sakeman en Minister van Landbou aangewys is om ʼn regering saam te stel.

Aziz Akhannouch is die land se nuwe Eerste Minister nadat sy liberale party die meeste parlementêre verteenwoordigers bekom het in die algemene verkiesing.

Akhannouch het kiesers belowe dat ekonomiese en sosiale hervorming gaan plaasvind, en dit het tot sy party se oorwinning gelei.

Koning Mohammed VI het die afgelope naweek die miljardêr aangewys as nuwe premier, en gesê hy mag nous y regering saamstel.

Akhannouch se party, die Nasionale Veldtog vir Onafhanklikheid, het 102 van die 395 setels verower en daarmee die Islamitiese Party met 13 setels oorwin.