Manuel eis miljoene van Rooi brigade

Die Konstitusionele Hof het die besluit van Desember verlede jaar gehandhaaf wat deur die Hooggeregshof beslis is oor die eis wat die voormalige minister, Trevor Manuel, ingestel het teen die Rooi brigade van Malema.

Die Hooggeregshof het verlede jaar in ʼn appèlsaak beslis dat Manuel wel by magte is om ʼn eis in te stel teen die EFF vir die bedrag van R500,000.

Manuel het besluit om die eis te bevestig en wil nie die bedrag vir homself hou nie, maar sal dit vir liefdadigheid aanwend.

Die Hof het die EFF se aansoek om weer te appelleer, van die hand gewys waarna die Rooi Brigade die Kon-Hof genader het, maar nou ook daar bloedneus gekry.

Die saak spruit uit ʼn voorval waar die Rooies die voormalige minister van nepotisme en korrupsie beskuldig het.

Politieke ontleders sê Manuel het die Rooies laat besef dat hulle nie enige beskuldigings in die openbaar kan rond slinger sonder bewyse nie, en reken dit sal die Malema party ʼn stewige terugslag op finansiële gebied besorg met die boete wat nou betaal moet word.