Linkses wen Noorweë verkiesing

Die gematigde linkse opposisieparty van Noorwee het ʼn meederheid setels in die parlement, en daarmee die Eerste Minister Solberg se konserwatiewes uit die kussings gelig.

Die leier van die Arbeidersparty, Jonas Gahr Stoere sal as nuwe premier in die land regeer. Solberg het erken dat sy die onderspit gedelf het, en sê die uitslag toon dat die Konserwatiewe Party se werk vir eers afgehandel is.

Die Arbeidersparty, tesame met twee ander gematigde linkse partye sal nou ʼn koalisie regering vorm met 89 setels uit die totaal van 169.

Dit is egter nie ʼn uitgemaakte saak dat die Arbeidersparty daarin gaan slaag om die ander twee linkse partye te betrek in ʼn koalisie nie.

Groot verwagtinge is by die kiesers en ondersteuners van die 61-jarige miljoenêr wat ook gesê het hy is nie ten gunste van sosialisme nie.