Linkse regering in Argentinië onder druk

Verskeie ministers in die sosialistiese regering van Argentinië het hulle bedankings ingehandig nadat die regerende party swaar terugslae gekry het in die week se verkiesings.

Die Visepresident Christina Ferdinandez de Kirchner het die president uitgedaag oor die afwyking in rigting wat gevolg is.

Sy het die president, Albert Fernandez, gevra om ʼn dringende kabinet skommeling te doen nadat die linkse regerende party groot verliese gely het in die verkiesings wat gehou is die afgelope week.

 Ministers, sowel as die Visepresident, het besluit om hulle bedankings in te handig, en daarmee die veld oopgelaat dat die konserwatiewe party van die vorige president, ʼn terugkeer kan maak.

 Kirchner het in haar bedankingsbrief skerp uitgevaar teen die president en gesê hy is seker nie ernstig as hy beweer hy glo dat die bedankings nie nodig is weens sy koers afwyking in beleid nie.

Intussen word berig dat die vorige president, Mauricio Macri en sy koalisie vennoot wat albei konserwatiewe partye is, groot winste behaal het en dit vir die sosialiste uiters moeilik gaan maak om te regeer.