Lewensbrood

Josua 8

13    En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.

14   En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op ‘n afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad ‘n hinderlaag lê nie.