Lewensbrood

Josua 8

1   DAAROP sê die Here vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.

2   En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met Jérigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou ‘n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.