Kuberkrakers breek in op SA

Die Departement van Welsyn is een van die slagoffers van kuberkrakers wat daarin geslaag het om die rekenaar stelsel binne te dring en “onbruikbaar” te maak.

Die regering was genoodsaak om die verlamming bekend te maak, en sê die uitbetaling van die kinders welsyn bedrae sal nie gedoen word nie weens die kapers sa aanval op die stelsel.

Suid-Afrika het die afgelope maande verskeie kere as slagoffer van kuberkrakers die onderspit gedelf, en het groot verliese gely toe die groot hawens in die land lamgelê is deur kapers.

Tot hede is die rekenaarstelsels deur plaaslike IT deskundiges reggestel, en die hoop is uitgespreek dat die verskillende departemente wat hierdie keer die slagoffer is, ook daarin sal slaag om die stelsel te herstel sonder om bedrae te betaal aan die misdadigers wat die kaping uitgevoer het.