Korrupsie of diefstal of albei?

Die voormalige Transnet Projekte hoof uitvoerende beampte,  Linyenga Herbert Msagala, is met kontantgeld betaal deur ʼn verskaffer wat hom miljoene Rand aan ongevraagde winste gegee het.

Hy is R2 miljoen in kontant betaal wat bestaan het uit 10,000 banknote wat almal R200 note is.

Na wat berig word sou die verskaffer hom R26.4 miljoen betaal het, maar dit wil lyk of daar nou ʼn ondersoek gelas is na die bedenklike voorval.

Bewerings word gemaak dat Msagala se kriminele oortredings in die hof besleg gaan word, en dat die bewerings oor die R26 miljoen wat hy glo sou gekry het, verder ondersoek sal word.

Transnet het aanvanklik ʼn eis van sowat R18 miljoen teen Msagala ingestel, maar later is dit verhoog tot ë astronomiese R26 miljoen.

Volgens hofstukke wil Transnet al sy somme geld terug hê wat in totaal meer as R15 miljoen beloop.