Korrupsie laat City Power hoof val

Mongezi Ntsokolo

Die City Power van Johannesburg het bevestig dat sy Hoof Uitvoerende Beampte (HUB), Mongezi Ntsokolo, geskors is van sy posisie slegs vier maande nadat hy aangewys is as hoof van die maatskappy.

In 2018 is Mongezi Ntsokolo by Eskom geskors. Power City het klaarblyklik  geglo dat hy herhaaldelik in gebreke gebly het om die beskuldigings teen hom oor moontlike korrupsie, te verklaar.

City Power sal glo nou begin met ʼn ondersoek na al die beskuldigings, en kan dus nie enige verdere inligting bekendmaak nie.

In 2018 is die beskuldigde geskors sonder dat daar tussentyds betaling van salaris gedoen is toe Eskom ʼn ondersoek gedoen het na die beskuldigings wat gemaak is oor ongerymdhede en onwettige en vrugtelose uitgawes wat toegestaan is.

Die huidige vlaag beskuldigings teen Mongezi Ntsokolo kan lei tot die einde van sy loopbaan in die pos, maar vrae het opgeduik oor die moontlikheid da thy weer ʼn volgende senior pos gaan beklee as hy hierdie keer weer skuldig bevind word.