Kinders inenting goedgekeur

Die reguleerder in Suid-Afrika het dit goedgekeur dat kinders bo die ouderdom van 12 jaar ingeënt mag word met Pfizer entstof teen die koronavirus.

Die regering hoop om met die inenting van tieners meer mense bereik gaan word terwyl daar onder volwassenes ʼn sterk weerstand is om nie ingeënt te word nie.

Die goedkeuring volg nadat ʼn internasionale opdatering van die middel oor veiligheid vir kinders gedoen is. Die doeltreffendheid is glo ook getoets om seker te maak dat kinders wel geïmmuniseer word teen die koronavirus en dat dit wel ook ʼn redelike hoë immunisering persentasie lewer.

Die koronavirus entstof wat vervaardig word deur Pfizer en BioNTech is goedgekeur vir volwassenes en is tans die entstof wat in Suid-Afrika gebruik word.

Tans is slegs 12% van die bevolking ingespuit, en intussen is verneem dat Suid-Afrika deelneem aan ʼn toets projek waarin Sinovac Biotech kinders inent wat onder 12 jaar oud is.

Intussen wag ingeënt mense angstig dat die belofte van minister Joe Phaahla bewaarheid sal word dat ʼn sertifikaat gestuur sal word aan almal wat geïmmuniseer is, en nie vervals sal kan word nie.