Kendal kragstasie in vlamme

Kendal

N adat verskeie kragstasies die afgelope maand onklaar geraak het, waarvan minstens twee gedeeltelik beskadig is weens brande wat ontstaan het, is Kendal nou ook op die lys, nadat dit die naweek in vlamme was.

Eskom het bevestig dat die brand veroorsaak het dat Eenheid 1 in Oos-Transvaal gesluit moes word. Die eenheid het “afgeskakel” wat toe ook ʼn uitwerking op die res van die kragsentrale se produksie gehad het. Eers toe ondersoek ingestel is, het hulle vasgestel dat ʼn brand in die eenheid 1 ontstaan het.

Ondersoekers is nou besig om vas te stel wat die brand kon veroorsaak, en word gedoen in die lig daarvan dat dit nie die eerste kragsentrale is waar ʼn brand ontstaan het in die afgelope maande nie.

Die Medupi kragsentrale was enkele weke gelede ook in vlamme nadat n ontploffing gehoor is. Die skade by Medupi is so groot dat dit glo miljoene Rand sal kos om die beskadigde gedeeltes te herstel.

Sakelui het hulle kommer uitgespreek dat die talle kragstasies wat onklaar is, weer beurtkrag deur Eskom ingestel gaan word. Intussen is verneem dat Koeberg weer in produksie is.