Kanadese Liberales wen verkiesing

Kort nadat die stembusse gesluit het in Kanada, het dit duidelik geword dat die regerende party weer die meerderheid stemme getrek het om die volgende termyn te regeer.

Die regerende Liberale Party van Eerste Minister Justin Trudeau het egter, soos in die vorige verkiesing, nie daarin geslaag om ʼn volstrekte meerderheid te behaal nie, en sal gevolglik weer ʼn minderheidsregering vorm.

Die Eerste Minister het die vervroegde algemene verkiesing gehou ten einde die kiesers se mening te kry oor die hantering van die Covid-19 pandemie.

Alhoewel die Trudeau regering die meerderheid van setels ingepalm het, was dit die Konserwatiewe Party wat in totaal, die meerderheid stemme getrek het, maar in baie setels nie die meerderheid gehad het nie.