Kaapse reddingsboot kry toekenning

Die JetRIB see vaartuig wat in Kaapstad vervaardig is, het ʼn toekenning ontvang tydens die Internasionale Maritieme See Reddings Federasie se jaarlikse verrigtinge vroeër vanjaar.

In ʼn verslag wat vrygestel is word verwys na die ekonomiese vooruitsigte en bestuur van die vervaardigers, en is die koms van die revolusionere tuig verwelkom. toekenning verwelkom.

Die spreker het die voorreg gehad om die JetRIB te ondersoek wat beskou word as ʼn revolusionêre vaartuig by die Bellville skeepswerf van Droomers Yahama gebou is, wat vennoot is van Admiral Powercast.

 Die vaartuig is spesiaal vervaardig vir die Nasionale See Reddings Instituut wat dekades lange ervaring het in die bedryf.

Vos wat as spreker opgetree het sê die vaartuig is ʼn aanwins as in gedagte gehou word dat die land met ʼn kuslyn van 3,000 km sit, en doeltreffende seevaart toerusting soos hierdie nuwe boot, is van groot waarde vir die industrie.