Japan se premier tree onverwags uit

Eerste Minister Yoshihide Suga van Japan se aankondiging dat hy uittree as premier, het nie as verrassing gekom nie. In die afgelope maande het sy gewildheid skerp gedaal onder kiesers, en is daar nou nuwe kandidate wat deur die regerende party aangewys word.

 Die moontlikheid is egter geopper dat die Minister van Gesondheid wat die Covid entstof goed gereël en georganiseer het, as opvolger aangewys gaan word.

Minister Taro Kono se kanse om Eerste Minister word versterk deur die feit dat hy waarskynlik deur die regerende party aangewys gaan word as leier van die party.

Die Japan Liberale Demokratiese Party hou op 29 September sy leierskap verkiesing, en die wenner sal redelik seker wees daarvan dat hy ook die Eerste Minister sal word.

Dit lyk of sy enigste teenstander die voormalige Minister van Buitelandse Sake gaan wees, maar meningsvormers reken sy kanse is redelik skraal om as wenner aangewys te word.