Japan: Minister vra meer geld vir verdediging

Die Minister van Verdediging in Japan het gevra dat die land se begroting vir verdediging aansienlik verhoog moet word in die lig van die Sjinese aggressie.

Die minister het daarop aangedring dat Japan voldoende fondse beskikbaar stel sodat nuwe vegvliegtuie aangekoop kan word en dat versterking van sy aanlyn en ruimte-verwante stelsels opgradeer kan word om die vyandelike magte teen te staan.

Japan het net soos die VSA, die Sjinese geïdentifiseer as die grootste bedreiging vir nasionale veiligheid, en daarom is gevra vir ʼn verdediging begroting van $50 miljard.

 Die afgelope dekade het Japan stelselmatig sy verdediging opgeknap en verbeter weens die Sjinese bedreiging.  Met die huidige militêre begroting word gepoog om in lyn te bly met Sjina wat ook jaarliks sy verdediging opgradeer en die begroting verhoog.