Italië: Beroemde Milaan toring brand

Die bekende Milaan toring wat honderde mense huisves, het op onverklaarbare wyse aan die brand geraak en brandweer deskundiges het ure lank ononderbroke  probeer om die brand te blus.

Die buitekant van die hoë gebou is glo die rede waarom die massiewe woonstel gebou se brand so vinnig versprei het, en talle kenners reken die brand kan vergelyk word met die Grenfell Toring in Londen wat vier jaar gelede op onverklaarbare wyse in vlamme opgegaan het.

Geen berig van beserings of sterftes is gerapporteer nie, maar die brandbestryders kon die brand nie geblus kry in die eerste twee dae sedert dit ontstaan het nie.

Die mees ervare brandweermanne het later gesê da thy in sy loopbaan van meer as 25 jaar, nooit so iets gesien nie, en reken die brand kon nie vanself ontstaan het nie.