Is ANC bankrot?

Die ANC as regerende party in Suid-Afrika se finansiële posisie word in sekere politieke en finansiële kringe beskou as ʼn organisasie wat finansieel bankrot is.

Die party gaan glo gebuk onder die swaar las van sowat R200 miljoen se skulde wat opgebou het in die tyd toe Jacob Zuma in bevel was en die septer geswaai het.

Terwyl die voormalige ANC president, wat nou tronkstraf uitdien, het die ANC as party geen belastings betaal nie, en het ook nie die verpligte bydraes tot die werkloosheid versekeringsfonds oorbetaal nie. Die gevolg is dat personeel geen wettige manier sou vind om teen die Fonds te eis indien dit nodig sou word nie.

Die ANC sit derhalwe nou met ʼn rekening van nagenoeg R100 miljoen wat aan belastings verskuldig is.  Daarbenewens is sowat R70 miljoen verskuldig aan die voorsorgfonds, asook twee maande se onbetaalde salarisse moet ook bygereken word.

Finansiële deskundiges wys daarop dat die ANC as politieke party sowat R2.6 miljard in die afgelope vyf jaar verkwis het, en voeg by dat dit soortgelyk is aan hoe die staat se entiteite bestuur word onder ANC bewind.