Iran gaan voort met uraan verryking

Die Internasionale Atoom Energie Agentskap het gesê Iran is besig met “ernstige ondermyning” van die monitering stelsel wat betref die uraan verrykings program.

Met die aankondiging het talle wêreldleiers se hoop begin vervaag dat Iran weer betrek sal kan word by ʼn internasionale uraan verrykings ooreenkoms.

Die moniterings agentskap sê hy ondervind ernstige probleme om sy taak deeglik uit te voer weens die ondermyning wat deur Iran plaasvind.

Die verenigde Nasies (VN) se afdeling oor kernkrag aangeleenthede  sê Iran het sy voorraad vlakke van verrykte uraan is veel hoër as wat die 2015 ooreenkoms wat verval het, wel bepaal het.

Verrykte uraan word nie net gebruik om elektrisiteit op te wek nie, maar soos wat Iran nou optree kan kernwapens ook vervaardig word.

 Die Atoom Energie Agentskap het lede van die VN gewaarsku dat die huidige toestand nie onbepaald mag voortgaan nie, en dat sterk optrede nodig geword het.