Inkomstediens kap vervoer maatskappy

ʼn Onlangse hofsaak wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens begin het teen die Verbena Freight & Logistics Management,  het klaarblyyklik gunstig verloop vir die Inkomstediens.

Die hofgeding in die Hooggeregshof van Pretoria het uitgeloop op ʼn bevel wat bepaal dat die Verbena die bedrag van R19 miljard verskuldig is van onbetaalde belastings.

Die verteenwoordiger van die inkomstediens het ʼn eis voor die hof gehou waarin dit gestel is dat die instansie R18,99 miljard verskuldig is aan belastings wat nie inbetaal is nie.

Daarbenewens is n verdere R31 miljard uitstaande in waarde toevoegings belasting (BTW) en R73.65 miljoen aan inkomste belasting is ook verskuldig.

Verbena word glo beskryf as ʼn maatskappy wat spesialiseer in oorgrens vervoer waarneem, en die maatskappy het sy eie vloot voertuie en ook ʼn mede-maatskappy wat in Zimbabwe gevestig is.

Dit wil lyk of die maatskappy tabak, en tabak produkte verhandel en vervoer het, waarop geen belastings betaal is nie.