Inenting van kinders kom

Die entstof vervaardiger BioNTech maak gereed in sy produksie aanleg van entstof nadat hy ʼn aansoek gered gemaak het en aan die gesondheidsowerhede gestuur het om goedkeuring te kry dat kinders jonger as 12 jaar, ook ingeënt kan word.

Die woordvoerder van die vervaardiger sê alles het tot hier gegaan soos beplan is, en maak nou gereed om produksie te verhoog as goedkeuring ontvang is.

Die vervaardiger het blykbaar in gedagte om ʼn Kleiner dosis vir kinders in die ouderdom 5 tot 11 jaar, beskikbaar te stel.

Na verwagting sal die vervaardiger binne enkele weke sy resultate bekendmaak, en kan verwag word dat hy met produksie sal begin van ʼn kleiner dosis vir jong kinders.

Kenners wys egter daarop dat dit al duideliker word dat die entstof hoogstens 6 tot 8 maande effektief is teen die koronavirus. Dit wek kommer dat mense baie gereeld ingeënt sal moet word, wat ook beteken dat meet inenting klinieke op ʼn permanente basis nodig word om te verhinder dat lang rye mense ontstaan.