Indië: Honderde boere in verset optog

Meer as 500,000 mense van Indië het meegedoen aan die naweek se verset optog ter ondersteuning van die landbouers in die land wat beswaar maak teen die regering se drie wette wat glo die winste en prioriteite van die groot instansies sal bevoordeel ten koste van die landbouers.

Honderde duisende landbouers het opgeruk na die stad  Muzaffarnagar in die noordelike deelstaat Uttar Pradesh.

Die Indiese landbouers maak reeds  vir etlike maande by wyse van protes optogte beswaar oor die drie wette wat ʼn direkte invloed het op die landbou gemeenskap, en alhoewel die boere aanhoudende verset optogte hou, wil dit lyk of die regering ongestoord voortgaan om die voorgestelde konsep wetgewing deurgevoer te kry.

Die organiseers van die verset optog het die deelstaat Uttar Pradesh gekies weens die gewildheid van die streek en die besondere politieke situasie aldaar.

Die regering het vroeër gesê die boere het stoom verloor, maar nous ê die organiseerders die regering is daarmee net so verkeerd as wat hulle is met die beoogde wetgewing.