Immunisering

In die afgelope weke het die koronavirus immunisering al dan nie tot hewige debatte gelei, en die media rapporteer elke greintjie daarvan in ʼn klaarblyklike poging om mense te help om ingeligte besluite te neem oor inenting of nie.

Met Discovery en Sanlam wat die stap geneem het om personeel te verplig om ingeent te word, en Momentum wat verkies het om nie die perd op te saal nie, is dit steeds ʼn debat wat geen finale oplossing bied nie.

Diegene wat ten gunste van immunisering is sê dit verseker immers dat hulle kanse beter is om nie in ʼn hospitaal of begraafplaas te beland nie, terwyl diegene wat wantrouig is, reken dat almal op een of ander stadium infeksie gaan opdoen.

Een van die belangrikste feite wat in gedagte gehou kan word, is dat die entstof slegs vir sowat 6 tot 8 maande lank immunisering bied. Dit beteken dat mense hulle elke ses maande moet laat ent, en wie daarvoor gaan betaal is nog nie gefinaliseer nie.

Sekere mediese skemas het reeds verklaar dat hulle bereid is om vir die koronavirus enting te betaal, maar sal waarskynlik net vir een inenting per jaar betaal, terwyl ʼn tweede ook nodig gaan wees.

Of Suid-Afrika se klinieke  en apteke almal gerat is om die taak uit te vor, is nog twyfelagtig, en alhoewel die entstof reeds bewys het dat dit nie die DNA van mense verander nie, is die elke ses maande inenting nog nie toegepas nie, en as die gereelde inenting gedoen word, sal dit soos enige ander medikasie, seker ook nagevolge hê.