Iets hiervan lyk na bedrog

Die amptelike opposisie in die parlement het ʼn beroep gedoen op minister Mmamoloko Kubayi en op die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, om twee lede van ʼn taakspan af te dank.

Die twee lede is deur die vorige minister, Lindiwe Sisulu aangewys op die omstrede “National Rapid Response Task Teams”.

Sisulu het die twee persoonlik aangestel as lede van die taakspan en daar bestaan vermoedens dat baie van die aanstellings gedoen is sonder dat enige CV of bykomende inligting bekom is nie.

Die aanstellings sluit mense in van die “Fees Must Fall”, die PAC en lede van Cope. Alhoewel geen bewyse beskikbaar is nie, word beweer dat Sisulu die aanstellings gemaak het in ruil vir ʼn bedrag geld.

Ingeligte bronne beweer ook dat die vermoede bestaan dat Sisulu van die staat se middele gebruik het om n “politieke oorlog terrain” te vestig.