Ierland beboet WhatsApp met miljoene

Die reguleerders in die Republiek van Ierland het ʼn boete opgelê teen WhatsAppvir ʼn rekord bedrag weens die verbreking van die Europese Unie se data beskerming regulasies.

Die Ierse owerheid sê die maatskappy het misluk daarin om verbruikers deursigtigheid te bied oor hoe hulle data gebruik word.

Die WhatsApp maatskappy het die boete betwis en beweer dat die massiewe boete “buite verband” is.

Ierland het ʼn boete van $267 miljoen opgelê teen die Facebook maatskappy wat funksioneer as WhatsApp, en die waghond owerheid het bykomende boetes gehef nadat vasgestel is dat WhatsApp ook die data beskermings wet verbreek het.

Ierland is die tuiste van die streek hoofkwartier van ʼn aantal belangrike tegniese betrokkenes wat ondermeer ook vir Apple insluit.

Dit is nie die eerste boetes wat Face book gekry het van die streek nie, en die bewerings word gemaak dat duisende mense in die streek besig is om hulle as verbruikers te distansieer van die internet reus.