Hotel in vlamme, oorsaak verdag

Die skokkende nuus dat ʼn brand die luukse Mmabatu Palms Hotel gedeeltelik in puin gelaat het, het ondersoekers dadelik aan die werk laat spring om te bepaal wat die oorsaak is.

Alhoewel daar geen beserings of ongevalle aangemeld is nie, is vasgestel dat die skade miljoene Rand kan beloop.

Die ondersoek na die oorsaak van die brand word gedoen nadat daar enkele ure later gerapporteer is dat die Christian Hospitaal, sowat 200 km verder, ook in vlamme is.

Die polisie en brandweer was by beide die brandende geboue teenwoordig, en waarnemers reken dit is uiters verdag dat die twee geboue op dieselfde dag in vlamme was.

Die eienaars sê die hotel en casino sal beslis ernstige verliese ly as gevolg van die brande, en die hospitaal woordvoerder reken die brand het op 4 baie slegte tyd die werksaamhede ontwrig.