Hongarye neem standpunt in teen EU

Die Minister van Buitelandse Sake in Hongarye het duidelike standpunte gestel, en gesê dit is opvallend dat die Europese Unie nie bereid is om in debat te tree nie.

Hongarye stel belang in ʼn Europese Unie wat die belange van sy lidlande respekteer. Die nasionale identiteit van ʼn land, sy herkoms, kultuur en gevestigde belange behoort deur die EU gedra en bevorder te word.

Minister Peter Szijjarto het die opmerkings gemaak tydens ʼn paneel bespreking in Pole, waar dit deur die TV kanaal van Pole opgeneem en uitgesaai is.

Die minister het ook daarop gewys dat die EU geen ruimte bied vir debatvoering nie, en het tydens die TV besprekingsprogram gesê daar is niks vreemd aan ʼn eerlike en opregte debat nie.

Hongarye en Pole word gereeld deur die EU gekritiseer, beskuldig en selfs hof toe gedwing oor hulle konserwatiewe styl van regeer.