Honderde bankkaarte in oortreder se besit

In die Rustenburg gebied is ʼn 40-jarige man gearresteer weens bedrog met bankkaarte, wat menige kaarthouers laat kop krap het.

Die man het meer as 300 bankkaarte in sy besit gehad wat deur die polisie gevind is, waarmee hy vir ʼn geruime tyd bedrog gepleeg het.

Die Direktoraat vir Prioriteit Misdaad Ondersoeke (Valke) het die inligting vrygestel nadat hulle op die man toegeslaan het.

Die Valke se woordvoerder het gesê die 349 bankkaarte , tsame met die 15 selfone wat in sy besit was, is gekonfiskeer nadat die man eers geweier is om in ʼn woonstel aan te bly wat hy gehuur het.

Die verdagte het geweier om sy huurgeld te betaal, en die eienaars het glo die saak aangegee, maar ingeligte bronne beweer dat die Valke toe reeds vermoed het dat die man met bedrog besig is.

Hy sal binnekort in die hof verskyn op talle aanklagte van bedrog. Dit is onbekend hoe die man so baie bankkaarte bekom het, en die vermoede is dat dit oor ʼn tydperk gesteel is van wettige eienaars daarvan.